Friday, October 5, 2007

My klasmense en die polisie.

Ek kon nie anders as om die ander dag die geleentheid te gebruik om die een TA (Teaching Assistant) te vra om 'n foto van ons te neem terwyl ons op MIT se trappe sit nie nadat Dave dit voorgestel het nie. So nou kan julle uiteindelik sien hoe die mense lyk wat saam met my swot.

So, miskien moet ek hulle gou voorstel. Kliek op foto vir 'n groter weergawe. Net hulle name, van waar hulle kom (rofweg) en dan so ietsie ekstra. Heel regs is Massoud vanaf Iran, regtig 'n goeie ou. Ek gesels lekker met hom, hy is baie musikaal en fluit baie mooi (Hys regtig goed). Sy tekening is ook baie goed. Regs van hom is Chai, ek het vergeet van waar hy kom.. Langs hom in J.K. (afkorting vir Jae Kung of so iets), hy kom vanaf Korea en sukkel somtyds met die engels, maar sy engels, soos myne, word elke dag bietjie beter. Skuins onder hom is Sarah. Indien ek reg onthou kom sy van New York. Onder haar sit ons Precedent Analysis dosent. Sy kom vanaf Harvard en publiseer 'n Argitektuur tydskrif. Bo Sarah sit Dave. Hy het chemie studeer en het vir 'n paar jaar wapen navorsing vir die Amerikaanse regering gedoen, en tonne geld gemaak. Hy was 'n paar keer in Irak vir navorsing en toe ek ons eendag oor sy vorige werk gesels, vra ek hom waar hy die inligting gekry het waaroor hy navorsing gedoen het (wapen vervaardigers, raadgewers, ens.) Sy antwoord was net "That my friend I cannot tell you..." Hy is my buurman in die studio. Langs Dave sit Oliver, oorspronklik vanaf Duitsland, maar hy woon al vir etlike jare saam met sy meisie, Angela in die omgewing. Ons het die ander aand by hulle huis ge-barbecue (vegetarier patties...) Bokant Oliver sit Lisa. My buurvrou oorkant die paadjie. Sy het vir 3 jaar in New York gewerk in 'n interieur ontwerp rigting en het toe weer kom swot. Sy ry elke naweek Yale toe want haar "boyfriend" studeer Argitektuur by Yale. Langs Lisa sit daar iemand wat julle almal hopelik herken, skuins onder hom sit Josef. Ek vermoed hy is ook vanaf die VSA, kan nie lekker onthou nie. Hy is baie vriendelik en ek en hy gesels elke paar dae lekker as ons mekaar erens raakloop. Skuinsbo Josef sit die ander Lisa. Sy't siviele ingenieurswese geswot en ek vermoed sy is baie slim. Op die trappe lê een van my gunstelinge: Slobo oftewel Slobodan. Hy kom van Montenegro. Ons het die ander dag lekker oor middagete oor ons onderskeie lande se geleenthede en probleme gesels. Ek geniet hom, want hy is baie ontspanne en informeel. Na aanleiding van een van sy eerste kritte kla hy by my oor sy idees wat radikaal van sy dosent s'n verskil. Ek noem toe vir hom om te luister na wat hulle sê en dan vir homself te besluit of dit inpas by wat hy wil doen, en dan na aanleiding daarvan te doen wat hy wil. Sy reaksie "Yes, I agree, but to you I can say Fuck you, and it won't matter, but to them not, they are the ones that finally decide." Van toe af geniet ek sy geselskap baie meer. Langs Slobo sit Leslie, ook vanaf die VSA. Syt ons anderdag 'n lift gegee na Oliver se huis, en solank ek leef wil ek nie weer saam met haar ry nie. Dit was nogal traumaties. Oor die algemeen 'n goeie mens wat letterlik op my skouer kom huil het nadat haar werk nie klaar was toe sy moes ingee nie, en ook 'n keer in die Building Technology klas langs my aan die slaap geraak het (ek was wakker maar ek kon nie my verbasing keer om te sien hoe iemand aan die slaap raak terwyl hulle skryf en dan sulke snaakse patrone op hulle bladsy teken nie). Haar "boyfriend" kom loer ook gereeld in en op 'n keer het haar ma en pa saam met die hele familie kom kyk waar ons studeer. Agter Leslie is Buck, nog een van my favourites. Hyt aan die begin van die jaar 'n tipe lime disease ontwikkel en moes toe hospitaal toe gaan. By MIT medical het hulle hom medisyne vir "seasonal allergies" gegee wat natuurlik nie veel gehelp het nie. Hy was so twee dae in ICU en het toe so rukkie later weer ons in die studio kom join. Hys ook een van die super slimmes en ek weet hy sal dit groot maak - hy is ook vanaf die VSA. Agter hom staan Natsuki (spelling) vanaf Kanada. Haar "boyfriend" is êrens in Italie besig om sy studies in Argitektuur te voltooi. Langs haar staan Robin, een van die jongste mense in die klas. Ek dink hy is rondom 23 en is ook van die VSA. Hy't iets in die kunste studeer, en ek sukkel nog om hom te plaas. Hy is ietwat van 'n wildcard maar oor die algemeen vind ek hom baie interessant. Heel laaste kry ons vir Tim, ook vanaf die VSA. Hy het iets in kuns teorie on kuns geskiedenis studeer. Op die fotos mis ons twee mense, Pam vanaf Kanada en Chee vanaf êrens in die ooste. Nou weet julle ook met wie ek my spasie elke dag moet deel. (en nog vir die volgende 3 jaar...)

Die laaste foto vir vandag is een wat ek al lank sukkel om te kry. Meeste mense weet ek het die hoogste respek vir persone in gesagsposisies asook persone wat daardie gesag, en wet en orde met die mag van die swaard (of pepperspray) beskerm - veral die mans en dames in diens van kampus veiligheid by Kovsies. {vir sensor doeleindes het ek hier 'n lang paragraaf uitge-edit} (Campus Police officers het almal minimum 3 jaar diens in plaaslike of "State" polisie dienste en word streng gekeur.) Wat ek egter kan aanbeveel is dat die geregsdienaars op kovsie kampus 'n les moet leer by die MIT Campus Police. Hou op om vriendelik en behulpsaam te lyk - bou bietjie aan julle image. Kry univorms en handwapens wat vrees in die harte van elke krimineel, of dronk student wek. Kry badges, buckels en boots. Kry sonbrille en shoulder mounted radios. Bêre julle fietse en kry "bikes" en indien julle nie hierdie raad wil volg nie, doen asseblief net een ding, kry 'n kar soos die een - dit sal alles beter maak... (Voel ek 'n MIT Vice aankom?)















Kliek op foto vir 'n groter weergawe